Sal ons staande bly in U.

    Share
    avatar
    Boertjie Phillip

    Posts : 25
    Join date : 2009-11-15
    Ligging : Lydenburg

    Sal ons staande bly in U.

    Pos  Boertjie Phillip on Tue May 08, 2018 5:27 pm

    Sal ons staande bly in U.

    “Ag Heer” ruk ons Boerevolk soos ‘n brandhout uit die vuur
    Verlos ons van alle doods gevare rondom ons as ‘n Boerevolk
    Ons siele versmag na rus en vrede sonder moorde en verkragtings

    Ons siele krimp ineen van alle plaasmoorde en bedrog teen ons
    Hoe lank sal ons dit nog kan uithou “Heer” teen al die valsheid
    Daar is bose planne beraam teen ons Boerevolk “Kill them all”

    As U hand oor ons Boerevolk is dan is daar hoop en geen vrees
    “Heer” het ons Boerevolk nog ons geloof en ons vaste vertroue
    Sal ons Boerevolk onbeskaamd anderkant uitkom in oorwinning

    As daar ‘n oordeel oor ons volk is vergewe ons in ons swakheid
    Om in ons eie kragte te wil saamstaan en U vergeet in ons planne
    Sekerlik sal ons ondergaan maar met U ons Heer sal ons staande bly.
    BP.

      Die tyd is nou Sat Dec 15, 2018 2:35 am