Boerevolk jy is geplant soos 'n reuse boom.

    Share
    avatar
    Boertjie Phillip

    Posts : 25
    Join date : 2009-11-15
    Ligging : Lydenburg

    Boerevolk jy is geplant soos 'n reuse boom.

    Pos  Boertjie Phillip on Tue May 08, 2018 5:36 pm

    Boerevolk jy is geplant soos 'n reuse boom.

    My Boerevolk jy is soos ‘n reuse boom
    geplant by waterstrome
    Al het die oorlog en die konsentrasie
    kampe jou groei belemmer
    Is jou Boer wees se wortels baie diep
    geplant in jou identiteit

    Deur die eeu het jy as 'n Boerevolk
    die persing deurstaan
    Nogtans het jy gegroei en vrugbaar
    gebly as 'n Boerevolk
    Sodat ons vandag 'n trotse Boerevolk
    en nasie uittroon

    Ons vyande roep uit “Kap die boom af
    met wortel en al”
    Min weet die vyande dat ons is geplant
    deur ons God
    Hy het ons beskerm deur die eeu en
    ons gebly voed

    Ons Boere is soos die groot boom wat
    vas gewortel staan
    Ongeag deur alle gruwelike plaasmoorde
    bly ons groei
    Want ons wortels word gevoed deur ons
    verlede in hoop

    Waar God ons Boere verlos het by die
    slag van Bloedrivier
    Daarom is ons hoop nog steeds gevestig
    op ons God
    Verseker sal ons Boerevolk wat geplant
    is bly bestaan

    Ons vyande sal dit sien en dit aanskou
    in hulle ongeloof
    Want ons is vas gewortel in die Rots
    van die eeue
    Ons Here en verlosser wat ons sal help
    in ons ware hoop.
    BP.

      Die tyd is nou Thu Jun 21, 2018 11:24 pm