"O..Magersfontein" Boer sneuwel.

    Share
    avatar
    Boertjie Phillip

    Posts : 25
    Join date : 2009-11-15
    Ligging : Lydenburg

    "O..Magersfontein" Boer sneuwel.

    Pos  Boertjie Phillip on Tue May 08, 2018 5:21 pm

    "O..Magersfontein" Boer sneuwel.

    Slag van die kakie koeël laat hom agteroorval
    op die naat van sy rug
    Met wyd oopgesperde oë lê hy daar met groot
    verbaasdheid op sy gesig
    Sy oë is hemelwaarts gerig en daar sak ‘n vrede
    en kalmte op hom toe

    Met sy laaste asem prewel hy dit was vir jou wat
    jy vra en ons vierkleur
    Sy regterhand op sy bors en in sy hand hou hy 'n
    foto van sy geliefdes
    Die foto word verkleur deur die bloed van nog ‘n
    Boer op die slagveld
    "O.. Magersfontein" hoe soet is jou wraak en wie
    sal jou ooit vergeet

    Die jare het gekom en gegaan maar "Magersfontein"
    die bly bestaan
    Vir elke Boer van vlees en bloed bly ons nog vol
    van harte moed
    Ons geskiedenis is ons Boere se geskiedenis ons
    oorwinning is ons oorwinnings.
    BP.

      Die tyd is nou Thu Jun 21, 2018 11:26 pm